Welkom by Sending Sonder Grense Suid-Afrika

 

owr-2009.jpg

 Operasie Winterredding 2009/2010 van Sending Sonder Grense, ‘n program wat behoeftige, sosiaal-kwesbare en groot gesinne help om die harde Noordelike winter te oorleef, is nou goed opdreef. In Moldawië alleen beraam die Ministerie van Ekonomie dat elke vierdie Moldawiër onder die broodlyn lewe. Dieselfde Ministerie het bygevoeg dat meer as 100 000 mense aan wanvoeding gaan ly. Die wat “onder die broodlyn” lewe is diegene wat ten minste 800 lei (R730) maandeliks tot hulle beskikking het, terwyl mense wat aan wanvoeding ly ‘n inkomste van minder as 450 lei (R410) ‘n maand tot hulle beskikking het. Die Ministerie van

Ekonomie beweer verder dat armoede baie groter op die platteland is as in die stede. 

Die pryse van kos en maandelikse benodigdhede het dramaties gestyg, self voor die afwaartse neiging van die Wêreld Ekonomie wat in 2008 begin het. Daar was ryp binne die eerste paar dae van November en temperature in die meeste van ons Oos-Europese veldlande het tot ver onder vriespunt gedaal. Mense pleit vir geld om vir verhittingsdienste in stede te betaal en om hout en steenkool op die platteland te koop. Die aantal versoeke, sowel as die bedrae wat versoek word, het dramaties toegeneem sedert laas jaar. Salarisse en lone het egter nie gestyg nie maar dieselfde gebly.

Daar is so baie mense wat dringend hulp nodig het; maar niemand naby hulle wat ‘n helpende hand na hulle toe kan uitsteek nie. Daar is baie siek en arm mense wat in nood is met niemand wat hulle kan help om hulle gesondheids-, finansiële en emosionele probleme op te los nie. Daar is mense met swaar harte en trane in hulle oë wat probeer om onoorkomelike probleme op hulle eie aan te pak; op die ou einde pleeg hulle dikwels selfmoord. Daar is kinders wat in die winter kaalvoet loop met dun kleertjies aan. Dikwels maak hulle hulleself warm deur ‘n katjie of ‘n hondjie wat hulle styf teen hulle vashou. Dit is vir hierdie behoeftige mense wat SSG onsself bewys het as ‘n oase waar hulle hulp kan kry.

Vir die volgende maand of twee, tydens die koudste wintermaande, gaan Sending Sonder Grense voort met Operasie Winterredding om so hoop en verligting aan baie kinderhuise, arm mense en mense wat ons Gemeenskapsentrums besoek asook baie ander hulpbehoewende mense, te bring. Ons OWR-projek bied hoop aan diegene wat dit verloor het. Deur hierdie projek ontdek behoeftiges dat God hulle lief het en dat Hy Sy genade en liefde aan hulle bewys deur die Sending se borge en donateurs.

Daarom gaan mense hierdie winter weer, tydens die implimentering van OWR, warm komberse, winterskoene, sokkies, broeke en ander items ontvang om hulle liggame mee warm te hou. Verder word daar ook Bybels, Nuwe Testamente en ander Christelike literatuur aan hulle gebied waarmee hulle hulle siele kan warm maak.